Die afsterwe van ’n geliefde bring dikwels noodsaaklike en onverwagte uitgawes mee waarvoor die meeste van ons nie voorbereid is nie. Baie van ons hou nie tred met die huidige koste van ’n begrafnis nie, en selfs al is daar voorsiening gemaak, kan dit heel moontlik onvoldoende wees.
Om ‘n familie en vriende hul rou proses behoorlik te kan laat deurgaan behoort ‘n begrafnis vreedsaam te wees sodat die bedroefde naasbestaandes hul rouproses behoorlik kan deurgaan. Vrede kom nie net in die vorm van fisiese rustigheid nie, maar ook as geestelike en emosionele rus.
’n Geliefde wat verantwoordelik is om die reëlings vir ‘n begrafnisdiens te tref, mag dalk nie finansieel daartoe in staat wees nie. ’n Geskikte alternatief vir so ‘n situasie is begrafnisuitgawe versekering. Indien die premie vir die versekering volledig betaal is, sal die persoon oor die nodige middele beskik om die begrafnis kostes te dek.
East Rand Funeral Directors administreer nie meer hul eie polisse nie. Ons het die administrasie van ons polisse oorgedra aan die baie bekwame span van RISKFIN Funeral Administrators. Hulle kan gekontak word by 010 021 0470, waar Kelebogile en Wilma gereed staan om u te help.
Wilma se e-posadres: wilma@riskfin.net
Kelebogile se e-posadres: kele@riskfin.net
Die volgende is waarde vir geld begrafnispolisse wat deur East Rand Funeral Directors aangebied word.
| Versekerde Bedrag | R10 000 | R20 000 | R30 000 |
|---|---|---|---|
| Maandelikse premie | |||
| Enkel persone onder 65 | R90.00 | R120.00 | R140.00 |
| Enkel persone onder 65 - 74 | R130.00 | R200.00 | R260.00 |
| Enkel persone onder 75 - 84 | R220.00 | R350.00 | R480.00 |
| Families onder 65 | R110.00 | R160.00 | R200.00 |
| Families 65 - 74 | R190.00 | R300.00 | R410.00 |
| Families 75 - 84 | R330.00 | R570.00 | R810.00 |
Toekenning van voordele
Die onderstaande tabel toon die dekking per versekerde (indien van toepassing) as 'n persentasie van die voordeel
| Hoofversekerde | 100% |
|---|---|
| Gade | 100% |
| Kinders (14 - 21 years) | 100% | Kinders (6 - 13 years) | 50% | Kinders (1 - 5 years) | 25% | Kinders (0 - 11 Months) | 25% | Kinders stil gebore | 25% |
Riskfin Funeral Administrators, 'n afdeling van Liberty, behou die reg om premies en dekking aan te pas soos nodig. 31 dae kennis sal gegee word indien aanpassings gemaak word.
Kopiereg © Oos Rand Begrafnisondernemers (Edms) Bpk