Begrafnispolisse

Die afsterwe van 'n geliefde het gewoonlik noodsaaklike, en baie keer onvoorsiene, uitgawes tot gevolg waarvoor meeste van ons onvoorbereid is. Baie van ons hou ook nie tred met die huidige koste van 'n begrafnis nie, en indien daar wel tot 'n mate voorsiening gemaak is kan dit maklik nie genoeg wees nie.

n Begrafnis moet vreedsaam en rustig verloop, sodat familie en vriende effektief kan rou. Vrede kom nie voor net in die vorm van fisiese kalmte nie, maar ook in die vorm van kalmte van gemoed.

Die persoon wie se verantwoordelikheid dit is om toe te sien na die beskikking van die oorledene se liggaam en gepaardgaande formaliteite mag dalk nie finansieel daartoe in staat wees nie.


'n Gepaste oplossing is dan versekering, in die vorm van 'n begrafnispolis. Indien die premie dan ten volle opbetaald is sal die verantwoordelike persoon by magte wees om die begrafniskostes te dek in oorleg met die versekering.


East Rand Funeral Directors bied begrafnispolisse aan die publiek teen 'n nominale maandelikse premie om te verseker dat elke familielid 'n waardige, bogemiddelde begrafnis kan bekostig.

Die volgende is waarde vir geld begrafnispolisse aangebied deur East Rand Funeral Directors:

Versekerde Bedrag R10 000 R20 000 R30 000
  Maandelikse premie
Enkel persone onder 65 R90.00 R120.00 R140.00
Enkel persone onder 65 - 74 R130.00 R200.00 R260.00
Enkel persone onder 75 - 84 R220.00 R350.00 R480.00
Families onder 65 R110.00 R160.00 R200.00
Families 65 - 74 R190.00 R300.00 R410.00
Families 75 - 84 R330.00 R570.00 R810.00
  • Premies sluit dekking in vir gade sowel as 5 kinders.
  • Maksimum ouderdom vir 'n hooflid is 84 jaar.
  • Uitgebreide familie lede kan bygevoeg word tot en met ouderdom van 74 jaar.

Toekenning van voordele

Die onderstaande tabel toon die dekking per versekerde (indien van toepassing) as 'n persentasie van die voordeel

Hoofversekerde 100%
Gade 100%
Kinders (14 - 21 years) 100%
Kinders (6 - 13 years) 50%
Kinders (1 - 5 years) 25%
Kinders (0 - 11 Months) 25%
Kinders stil gebore 25%

Riskfin Funeral Administrators, 'n afdeling van Liberty, behou die reg om premies en dekking aan te pas soos nodig. 31 dae kennis sal gegee word indien aanpassings gemaak word.