Vanuit die Direkteur se Kantoor

Die afsterwe van ’n geliefde is ’n emosionele en dikwels traumatiese gebeurtenis waar professionele bystand, doeltreffende leiding en begrip van groot belang is.

East Rand Funeral Directors is u gemeenskapsbegrafnisondernemer waar professionaliteit, doeltreffendheid, integriteit en karakter die kern van ons werksaamhede vorm. Ons is deursigtig in alles wat ons doen en skenk besonderse aandag aan die fynste besonderhede.

East Rand Funeral Directors bied aan ons kliënte die UNIEKE geleentheid om hul begrafnisreëlings te tref in ’n rustige, kalm en vreedsame omgewing. Hier sal u met opregte, omgee-gasvryheid ontvang word, in ’n huislike atmosfeer waar almal tuis en gemaklik sal voel. Ons volg ’n warm en persoonlike benadering, sonder die kliniese en dikwels morbiede prosedures wat baie ander begrafnisondernemers doen.

Ons het sorgsame en doeltreffende alternatiewe geskep vir familielede wat oorsee is en begrafnisreëlings moet tref, maar nie in die land is nie. Ons konsultante is altyd beskikbaar om familielede by te staan en te lei deur die baie moeilike proses om reëlings vir hul geliefdes te tref.

Ons kliënte word voorsien van al die nodige inligting om ingeligte besluite te neem. Ons streef daarna om u verwagtinge te oortref wanneer ons die geleentheid kry om u van diens te wees.

By East Rand Funeral Directors fokus ons op LEWE!

Ons aanvaar alle betroubare kontantbetalende begrafnispolisse (daar is egter ’n paar polisse wat nie kontant-terug polisse is nie, waarmee ons nie kan help nie, maar ons sal ons bes doen om die kliënt so ver moontlik by te staan). Ons administrasiepersoneel sal al die vereiste dokumentasie voorsien om die volle kontantuitbetaling van die polis aan die begunstigde te fasiliteer, ongeag wie die polis oorspronklik uitgereik het.

"Die mooiste mense wat ons geken het is hulle wat neerlaag ken, swaarkry ken, worsteling ken , hulle wat verlies ken, en het hulle weg uit die dieptes gevind het. Hierdie mense het 'n waardering, sensitiwiteit, en 'n begrip van die lewe wat hulle vul met deernis, sagtheid liefdevolle besorgdheid. Mooi mense gebeur nie net sommer nie."

-Elisabeth Kübler-Ross-