Uit die ondernemer se kantoor

East Rand Funeral Directors is u gemeenskapsbegrafnisondernemer waar professionalisme, doeltreffendheid, integriteit en karakter die kern van ons werksaamhede vorm, deursigtig in alles wat ons doen.

Ons volg 'n warm en persoonlike benadering, vêr verwyderd van die kliniese en morbiede prosedure wat meestal deur ander begrafnisondernemers gevolg word.

Begrafnisreëlings word gewoonlik in die gerief van u eie woning gedoen. U is natuurlik ook enige tyd welkom by ons kantore. Daar sal u warm en deernisvolle gasvryheid geniet, in 'n huislike omgewing waar almal tuis sal voel.

By East Rand Funeral Directors fokus ons op die LEWE!

Ons aanvaar alle geagtingswaarde begrafnispolisse. Behulpsame administratiewe personeel sal die nodige dokumentasie voorsien om die uitbetaling van die polis te fasiliteer om sodoende ten volle aan die begunstigde uit te betaal, ongeag wie die polis oorspronklik uitgereik het.

In plaas van allerlei bemarkingslenters en ydel beloftes, verkies ons om eerder ons kliënte van al die nodige informasie te voorsien en dan u verwagting te oortref wanneer ons die geleendheid gegun word om u van diens te wees.

"Die mooiste mense wat ons geken het is hulle wat neerlaag ken, swaarkry ken, worsteling ken , hulle wat verlies ken, en het hulle weg uit die dieptes gevind het. Hierdie mense het 'n waardering, sensitiwiteit, en 'n begrip van die lewe wat hulle vul met deernis, sagtheid liefdevolle besorgdheid. Mooi mense gebeur nie net sommer nie."

-Elisabeth Kübler-Ross-