East Rand Funeral Directors
Copyright. ©  East Rand Funeral Directors. All rights reserved.   Privacy Policy     |     Website Terms of Use
BESTORWE BOEDELS

'n Bestorwe boedel kom tot stand sodra 'n persoon te sterwe kom.

Wanneer 'n persoon te sterwe kom en 'n geldige testament nalaat staan dit bekend as 'n Testate Boedel. Wanneer 'n persoon egter sonder 'n (geldige) testament te sterwe kom staan dit bekend as 'n Intestate Boedel.

Die boedel moet geadministreer en verdeel word dienooreenkomstig die oorledene se testament, of indien daar geen testament is nie, ooreenkomstig die Intestate Boedel Wet. Hierdie prosedure word deur die "Administration of Estates Act" voorgeskryf.

East Rand Funeral Directors het 'n alliansie met ervare spesialiste op hierdie gebied gevorm en hulp is byderhand vir al ons kliŽnte.

Kontak ons gerus om meer uit te vind.
Jan L Jordaan Inc Attorneys
Kontak ons