East Rand Funeral Directors
Copyright. ©  East Rand Funeral Directors. All rights reserved.   Privacy Policy     |     Website Terms of Use
WAT OM TE DOEN WANNEER IEMAND STERF

Sterftes word verdeel in twee kategorieë. Die prosedure wat gevolg word verskil van mekaar. Daar word onderskei tussen natuurlike en onnatuurlike sterftes.

Natuurlike sterftes - kom voor wanneer 'n persoon sterf weens siekte of ouderdom.

  • 'n Paramedikus, nie die SAPD nie, moet na die plek van die sterfte ontbied word.
  • Kontak East Rand Funeral Directors dadelik sodat ons 'n opgeleide personeellid kan stuur om u by te staan met die nodige diens, informasie en advies.
  • Die paramedikus verklaar die sterfte en oorhandig die deklarasie aan die East Rand Funeral Directors personeellid wie dan die oorledene se liggaam na ons fasiliteit sal neem om versorg te word.
  • By 'n versorgingsfasiliteit soos 'n hospitaal of tehuis vir bejaardes, sal die dokter aan diens die nodige dokumentasie aan East Rand Funeral Directors voorsien om onder andere die sterftesertifikaat te bekom. Dit is dus nie nodig om in hierdie geval 'n paramedikus te ontbied nie.
  • Dit is belangrik dat 'n mediese praktisyn soos 'n familiedokter, die mediese geskiedenis van 'n oorledene ken, anders sal dit nie vir die dokter moontlik wees om die nodige dokumente te voltooi nie. In hierdie geval sal East Rand Funeral Directors 'n nadoodse ondersoek deur die betrokke distriksgeneesheer laat doen. Dit geskied op onkoste van die naasbestaandes.

Onnatuurlike Sterftes - kom voor wanneer 'n persoon sterf as gevolg van 'n ongeluk, misdaad, selfmoord of enige ander suspisieuse omstandighede. Pediatriese sterftes, 16 jaar en jonger, word ook as onnatuurlik geklassifiseer.

  • 'n Paramedikus, asook die SAPD, moet na die plek van sterfte ontbied word.
  • Die Paramedikus sal die sterfte verklaar en die deklarasie aan die SAPD oorhandig wie dan 'n ondersoek sal loods.
  • Die oorledene sal dan, deur die SAPD, na die naaste staatsforensiese fasiliteit geneem word waar 'n nadoodse ondersoek die daaropvolgende dag sal plaasvind.
  • Stel East Rand Funeral Directors dadelik in kennis van die sterfgeval sodat ons 'n verteenwoordiger kan aanstel om u die volgende dag na die betrokke staatsforensiese fasiliteit te vergesel. Ons sal bystand aan u verleen met die uitkenning van die oorledene en dan ook die oorledene se liggaam na ons fasiliteit neem om versorg te word.
  • Die patoloog wat die nadoodse ondersoek uitvoer voorsien alle nodige dokumentasie aan East Rand Funeral Directors en daar is dus geen betrokkenheid van 'n ander mediese praktisyn of familiedokter nodig nie.
  • ‘n Nadoodse ondersoek kan nie geweier word in die geval van ‘n onnatuurlike sterfte nie.