East Rand Funeral Directors
Copyright. ©  East Rand Funeral Directors. All rights reserved.   Privacy Policy     |     Website Terms of Use
BAIE BELANGRIKE FEITE

  • Beloftes deur begrafnisondernemers word maklik in 'n ongereguleerde industrie gemaak, wel wetende dat getraumatiseerde mense maklik swak dienslewering sal aanvaar. By East Rand Funeral Directors maak ons seker dat ons kliënte ten alle tye integriteit, karakter en deursigtigheid geniet. Ons gee aandag aan die fyner detail in dit wat ons doen.
  • ‘n Begrafnispolis bly die eiendom van die begunstigde, ongeag watter ondernemer die begrafnisdiens behartig. Alle begrafnispolisse is veronderstel om 'n kontantwaarde te hê wat ten volle aan die begunstigde uitbetaal, maak nie saak wie die diens behartig nie. As laasgenoemde nie die die geval is nie moet die waarde van so 'n polis bevraagteken word. 'n Kliënt behoort nooit die vryheid van keuse ontneem te word om self die beste diensverskaffer te kies nie.
  • Indien u geliefde deur 'n ander begrafnisondernemer ontvang is en die familie wil graag hê dat East Rand Funeral Directors die begrafnisdiens moet behartig sal ons eenvoudig die persoon se liggaam by die betrokke ondernemer gaan haal en ons sal die ondernemer vergoed vir sy dienste gelewer.
  • Neem ingeligte besluite. Moenie toelaat dat iemand u aanjaag nie. Sommige mediese instellings wil jou laat verstaan dat jy van 'n spesifieke begrafnisondernemer gebruik moet maak. Dit gaan jou geld kos indien jy nou 'n besluit neem waaroor jy later spyt gaan wees. Die keuse berus by u alleen.
  • 'n Oorlede persoon se liggaam kan nie na 'n ondernemer geneem word alvorens 'n gekwalifiseerde mediese praktisyn die dood formeel verklaar het nie.
  • ‘n Mediese praktisyn, nie die begrafnisondernemer nie, moet die kennis van sterfte dokument uitreik om die verkryging van 'n sterftesertifikaat te fasiliteer. Indien daar nie 'n geskikte praktisyn gevind kan word nie, of hy/sy neem ongewoon lank om die dokumentasie te voltooi, gaan die teraardebestelling of verassing vertraag word. Let wel dat die kerkdiens wel kan plaasvind al is 'n sterftesertifikaat nog nie uitgereik nie.
  • In die afwesigheid van 'n geskikte mediese praktisyn om die nodige dokumentasie te voltooi moet die distriksgeneesheer 'n private nadoodse ondersoek, by die begrafnisondermer, doen sodat hy of sy die nodige dokumentasie kan verskaf. Dit geskied op die onkoste van die naasbestaandes.
  • Daar bestaan baie mites aangaande verassings. Daar steek egter geen waarheid in nie. Die verassingsprosedure geskied streng volgens wetgewing en u kan dus gerus wees dat 'n verassing op 'n waardige en respekvolle wyse geskied.
  • ‘n Oorlede persoon wat veras word moet op sy eie in 'n goedgekeurde kis veras word. Meer as een persoon word nooit saam veras nie.
  • Die munisipaliteit moet ten minste twee volle werksdae kennis kry om 'n graf voor te berei. Daar word 'n laat betalingsfooi, deur die munisipaliteit, gehef indien korter kennis gegee word.
  • Tot drie persone kan bo op mekaar in dieselfde graf begrawe word. Hierdie persone moet verwant aan mekaar wees en die naasbestaandes van die persoon wat eerste in die graf begrawe is moet toestemming daartoe verleen.
  • Grafte kan nie meer vooruit gereserveer word nie. Indien u wel in besit van 'n gereserveerde graf is gaan die volle fooi vir 'n nuwe graf weereens gehef word indien u iemand daar wil begrawe.
  • ‘n Oorlede persoon moet verkieslik binne die munisipale grense waar hy of sy woonagtig was begrawe of veras word. Indien van 'n ander munisipale begraafplaas of krematorium gebruik gemaak word sal die betrokke munisipaliteit 'n relatiewe groot heffing op die diens plaas. Laasgenoemde geld nie vir private begraafplase en krematoriums nie.