East Rand Funeral Directors
PASTORAAT

Met verloop van tyd het ons 'n baie sterk bedieningskomponent as deel van ons dienslewering ontwikkel.

Ons streef daarna om mense toe te rus om 'n begrafnisdiens te kan bywoon asook om die lewe weer voluit te kan leef. Na afloop van die begrafnis het alle familielede die geleentheid om deur middel van verskillende media betrokke te raak by voortgesette pastorale gesprekvoering.

Pastorale versorging en gesprekke word uitgevoer deur professionele persone en is uitkomsgebaseerd. So word families dan gehelp om hulle situasie beter te verwerk en om weer ten volle te kan funksioneer.

Seminare word gereeld deur die pastorale span aangebied, wat ook gassprekers insluit, en verskeie onderwerpe aanspreek om verder te verseker dat alle families die nodige bystand geniet waar nodig.

Vir hulp en inligting kliek hier.
TRAUMA & HULP

Trauma kan omskryf word as gebeure wat in jou lewe plaasvind, gewoonlik buite jou beheer, wat die bestaande orde van jou leefwêreld totaal omvêrgooi. Dit het die gevolg dat jy nooit weer dieselfde na die lewe en jou wêreld sal kan kyk nie. Met hierdie omskrywing is dit duidelik dat die dood, maar ook baie ander ontstellende gebeurtenisse in die loop van ons gewone lewenswandel met elkeen van ons kan gebeur.

Vir baie mense stel die normale ingrepe van die lewe 'n buitensporige hoë premie op sy normale funksionering en menswees. Daarom vind hierdie mense dit moeilik om die normale ingrepe van die lewe te hanteer, wat nog die buitengewone groot ingrepe soos die dood, wat hulle van die normale vreugdes van die lewe ontneem.

Die dood het lyding, ongemak, rusteloosheid, pyn, hartseer en gewoonlik baie trane tot gevolg. Sekere soorte droefheid, soos om 'n geliefde aan die dood af te staan, kan slegs deur ander verstaan word as hulle self daardie paadjie geloop het. Die seer van die dood voel soms soos 'n diep put waaruit jy nie kan ontsnap nie. Dit pynig jou en beroof jou van jou lewensvreugde. Wanneer u deur hierdie seer van die dood moet gaan, kan u weet dat hier 'n kundige span by East Rand Funeral Directors gereed staan om u te alle tye in hierdie krisis oomblikke by te staan.

Vir meer in diepte besprekings oor enige van hierdie aspekte of indien u ondersteuning nodig het kan u ons gerus skakel om een van ons pastorale beraders te spreek. Hulle is spesialiste op verskeie terreine en sal graag met u wil gesels.

Moenie huiwer nie! Skakel dadelik ons kantoor om 'n afspraak te maak.

Vir hulp en inligting kliek hier.

Copyright. ©  East Rand Funeral Directors. All rights reserved.   Privacy Policy     |     Website Terms of Use