East Rand Funeral Directors
 
 
Copyright. ©  East Rand Funeral Directors. All rights reserved.   Privacy Policy     |     Website Terms of Use
GEESTELIKE EN EMOSIONELE NOTAS

Emosionele riglyne

  • Kweek 'n sterk, sensitiewe ondersteuningsnetwerk. Godgegewe mense wat werklik omgee. “Yster slyp yster, vriende vorm mekaar” (Spr. 27:17).
  • Voel vry om te huil. “Wie met trane saai, sal die oes met gejuig inbring” (Psalm 126:5).
  • Hierdie is nie 'n tyd om sterk te probeer wees nie maar wel 'n tyd om te rou “'n Tyd om te huil, 'n tyd om te lag, 'n tyd om te treur, 'n tyd om van blydskap te dans” (Pred. 3:4).
  • Maak 'n doelgerigte plan om te sosialiseer. Hierdie moet 'n daadwerklike besluit wees met die doel om byvoorbeeld 'n vriend of vriendin by hulle huis te besoek of om eenvoudig self te gaan inkopies doen. “Ons moenie van die samekomste van die gemeente af wegbly soos party se gewoonte is nie, maar mekaar eerder aanmoedig om daarheen te gaan, en dit des te meer namate julle die oordeelsdag sien nader kom” (Heb. 10:25).
  • Kry 'n betroubare, eerlike metgesel of kameraad want die Woord sê vir ons “Twee vaar beter as een. Hulle inspanning kom tot iets. As die een val, kan die ander hom ophelp. Maar as een val wat alleen is, is daar niemand om hom op te help nie” (Pred. 4 :9&10).
  • Maak vrede met verbitterdheid. “Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het” (Ef. 4:32).

Fisiese riglyne

  • Dit is belangrik om genoeg rus te kry. Onthou dat God die menslike liggaam so geskep het om baie hoë vlakke van stres te kan weerstaan en daarom is dit nie nodig om altyd medikasie te gebruik nie. Dit is ook belangrik om genoeg slaap te kry en dan kan 'n slaappilletjie handig wees, maar slegs met slapenstyd!
  • Drink genoeg vloeistof en maak seker jou dieet is gebalanseerd. Mense besef soms nie eens hulle is dors tydens 'n tyd van rou nie en hulle eet graag wegneemetes met min of geen voedingswaarde. Dit help nie juis die liggaam om te herstel nie. “Die engel het 'n tweede keer aan hom geskud en gesê: Word wakker! Eet! Anders sal die pad vir jou te lank word” (1 Kon. 19:7).
  • Oefening is 'n natuurlike teenmiddel vir depressie. Kry daaglikse oefening deur byvoorbeeld te stap, tuin te maak of diere kos te gee. Dit is egter belangrik dat die oefening buite in die sonlig plaasvind want dit is bewys dat sonlig die brein stimuleer om endorfiene vry te stel wat 'n natuurlike anti depressant is. “Die lig is aangenaam, dit is goed vir die oë om die son te sien” (Pred. 11:7).

Eenheid met God

Die eerste reaksie van mense wat deur die dood geraak word is om aan God vas te hou.

Job het dieselfde gedoen en was inisieel vroom en vol selfvertroue, maar hy kon nie volhou met hierde blindelingse aanvaarding van sy situasie nie. Na die inisiële skokfase begin Job, vir 40 hoofstukke lank, skrikwekkende vrae aan God stel. “God het hom verlaat” en “God was onregverdig.”

Soek na eerlike antwoorde en bring al jou gevoelens aan die lig. Maak dan die keuse en kom tot dieper geloof. “Tot nou toe het ek net gehoor wat mense van U sê, maar nou het ek U self gesien” (Job. 42:5).

Soek na eenheid met God!
Back Index Next Image Map